Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 903 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 672 572 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 4 164 491 toetse vir die virus doen. Daar is 606 520 persone van die virus genees en 16 667 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



