KIMBERLEY. – ’n Familie van Colville het gisteraand al hulle besittings verloor toe hulle informele nedersetting aan die brandslaan.
Gershwin Jacobs, die vrou se broer, sê die ma het twee potte warm water op die gasstoof gekook. Terwyl sy besig was om die een pot af te haal, het die ander pot omgeval en die stoof het ook in die proses omgeval. Die familie hardloop toe na Jabobs wat ’n ent van hulle af bly. Met Jacobs-hulle se aankoms was die hele huis reeds toe onder vlamme. “Soos wat my suster aan my verduidelik het, het alles dadelik vlamgevat,” sê Jacobs.
Familie het alles verloor
Die vrou (36), haar man (40), hulle twee dogters (18 en 14), hulle ouma (86) en haar kleinseun (5) kon veilig van die vuur ontsnap en het geen beserings opgedoen nie. Die ouma het tydens die voorval by die familie gekuier.
“Die familie het alles verloor. Hulle het nou net die klere wat hulle aangehad het toe hulle uit die huis gehardloop het,” voeg Jacobs by.
Gemeenskapslede het Facebook-inskrywings geplaas waar hulle vra vir skenkings vir die familielede. Indien enigiemand ’n bydrae wil lewer, kan julle vir Gershwin Jacobs by 0732693707 kontak.

Volg Find-it hier.



