Erfenismaand: Die Langeberg-oorlog

Deel hierdie storie / Share this story

As deel van Erfenismaandvieringe kyk ons dié week na historiese plekke, gebeurtenisse en geboue in die Noord-Kaap.

Vandag onthou ons die Langeberg-oorlog van 1897.

Die Langeberg-oorlog, wat begin het toe koloniale owerhede vee tydens die Rinderpest-epidemie geskiet het, het in Desember 1896 begin en vir vyf maande in die Langeberg-berge noord van Olifantshoek voortgeduur.

Batlhaping Kgosi Luka Jantjie is gedurende die oorlog doodgemaak en die oorlog het kort daarna geëindig. Jantjie is onthoof en sy liggaam is op ’n onbekende plek begrawe.

’n Gedenksteen is op Kuruman op die 120ste herdenking van die oorlog vir die Tshwane-leiers in die oorlog, Jantjie, Toto en Galeshewe opgerig.

Bron: McGregor Museum Kimberley – Facebook