Pretpark-maatskappy dok op ná vier se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Die eienaars van die Dreamworld-pretpark in Australië is Maandag ‘n boete van 3.6 miljoen Australiese dollar opgelê na vier mense in Oktober 2016 in ‘n ongeluk tydens ‘n rit by dié park dood is.

Cindy Low, Kate Goodchild, Luke Dorsett en Roozi Araghi is dood as gevolg van ‘n tegniese fout met die spesifieke rit se waterpomp. Low se seun (10) en Goodchild se dogter (12) is gedurende die ongeluk uit hul waterbaan geslinger en het die ongeluk oorleef.

Die departement van gesondheid en veiligheid by die werkplek het die maatskappy Ardent Leisure aangekla en dié maatskappy het in Julie skuld beken op die aanklagte.

Die slagoffers se familielede doen ook regstappe teen Dreamworld.