JOHANNESBURG. – ‘n Vragmotorbestuurder is in Pinetown dood in ‘n fratsongeluk waartydens sy vragmotor buite beheer geraak en in ‘n huis vasgery het nadat dit teen vier motors gebots het.
Die bestuurder van die vragmotor het uit sy vragmotor geklim en met die metropolisie gepraat. Hy klim terug in die vragmotor om dit om te draai. Die vragmotor het momentum gekry en met die Stapleton-pad afbeweeg terwyl dit voertuie tref en vorentoe stoot. Die bestuurder het agteroor geval en sy kop teen die teerpad gekap in sy poging om die vragmotor tot stilstand te probeer bring.
Die vragmotor is daarna teen ‘n wal af in die rigting van residensiële eiendom. Nog twee voertuie is getref en ernstige skade is aan die residensiële eiendom aangerig.
Paramedici sê die vragmotorbestuurder is op die toneel dood verklaar, maar is nie deur die vragmotor beseer soos op sosiale media beweer word nie. Geen ander beserings is aangemeld nie.
Volg Find-it hier.



