NOORD-KAAP. – Die departement van gesondheid stel vandag 11 nuwe nooddiensvoertuie bekend.
Van die 11 voertuie gaan ses daarvan aan die forensiese patologiese dienste en vyf gaan vir reddingsvoertuie gebruik word. Hierdie voertuie is van kritieke belang vir die verbetering van die reaksietyd en kwaliteit van dienste wat verband hou met padongelukke en ander konvensionele ongelukke.
Klik hier om na die regstreekse uitsending te kyk waar Mr. Maruping Lekwene, die LUR van gesondheid, en Mr Zamani Saul, primier van die Noord-Kaap, die mense toespreek.




