Harry Sonnenberg vanoggend oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Harry Sonnenberg (70), ’n bekende gesig vir baie Kimberliete, is vanoggend om 03:00 oorlede.

Hy word deur sy vrou, Ann Sonnenberg (59) en sy dogter, Tamzen Sonnenberg (24), oorleef.

Harry, wat ’n delwer in Winsorton was, laat nie net sy vrou en dogter agter nie, maar soveel ander wat na aan hom was. “Hy was altyd besig om grappies te maak. Hy het ’n groot lus vir die lewe gehad. Hy was nog jonk van gees, hy en my kinders het nou die dag nog motorfiets gery,” sê Malitza de Kock, ‘n familielid van die oorledene.

De Kock sê die familie beplan om Saterdag ’n roudiens op Winsorton te hou.