BLOEMFONTEIN. – ’n Vrou (59) het glo uit die Fidel Castro-gebou van 26 verdiepings, die stad se hoogste gebou, gespring.
Die vrou se liggaam is tussen twee geboue gevind en die polisie het ’n ondersoek na haar dood begin. ’n Wag wat by die PACOFS-gebou aan diens was, wat agter die Fidel Castro-gebou is, het op die lyk afgekom. Hy het toe die polisie gebel.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die vrou is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Volg Find-it hier.



