McDonald’s het vir Mark Waite (50) om verskoning gevra nadat die personeel geweier het om hom by die deurry-venster te bedien.
McDonald’s-personeel van Hampshire het glo vir Waite gesê hulle kan hom nie help nie omdat hy op ’n bromponie ry. Waite, wat osteoporose het en aan lupus ly, het gesê die padwaardige klas 3-motorfiets is volgens die beleid van McDonald’s ‘n geldige vervoermiddel wat in die deurry gebruik mag word.
Volg Find-it hier.



