Xolani Radebe (21), lugvaartkundige ingenieurstudent van die Wits-universiteit, en sy vriende, het ‘n hommeltuig (drone) ontwerp wat met die Covid-19-sifting help.
‘n Termiese kamera
Die hommeltuig word gebruik om ‘n persoon met ‘n verhoogde liggaamstemperatuur in ‘n groot skare met behulp van ‘n termiese kamera op te spoor. Radebe het saam met sy medestudente Tino Kurimwi, Bradley Mamanyoha, Varsty Mauku, Siphesihle Gamede en Neel Moraba aan hierdie projek gewerk. Hulle is die eienaars van die nuwe onderneming, Rita Sibanyoni Aviation (RS Aviation).
Radebe het aan SABC gesê een van sy vele uitdagings was om geld vir die projek in te samel. Hy sê hy hoop die Gautengse departement van gesondheid sal belangstelling in die projek toon. Volgens Radebe is die termiese kamera, wat R5 000 gekos het, die duurste komponent aan die hommeltuig.
Volg Find-it hier.



