Twee vas vir veediefstal

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes is Woensdag 23 September op aanklag van veediefstal op Kamieskroon in hegtenis geneem.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die mans is onderskeidelik 36 en 53 jaar oud.

Die polisie het volgens Gamieldien inligting opgevolg en het op 21 skape op Kamasiesplaas afgekom. Verdere ondersoek het gelei tot nog sewe skape wat op Rietpoort gevind is. Die skape is min of meer R47 000 werd. Die bakkie wat gebruik is, is ook gekonfiskeer.

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die skape in die Wes-Kaap gesteel is.

Beide verdagtes sal vandag 25 September in die Springbok-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.