Die polisie in Viëtnam het gister ongeveer 345 000 gebruikte kondome wat skoongemaak en as nuut verkoop is, gekonfiskeer. Die vrou wat glo vir die verkope verantwoordelik was, het vir die polisie gesê die gebruikte kondome is eers in water gekook, toe drooggemaak en hervorm voor dit verpak en weer verkoop is.
Beeldmateriaal van Vietnam Television (VTV) het gewys hoe groot sakke vol kondome oor die vloer van ’n pakhuis in Binh Duong versprei lê.
Die polisie het gesê die sakke het meer as 360 kg geweeg. Die eienaar van die pakhuis het gesê hulle het maandeliks ’n aantal gebruikte kondome van ’n onbekene persoon ontvang.



