Klein Hanru is op 32 weke met ’n noodkeisersnee gebore. Die ouers, Angelique Swardt en Ruan van der Merwe, het alle skanderings tydens haar swangerskap laat doen en dié problem is nooit raak gesien nie.
Met geboorte net 1,6 kg
“Hanru het in al die skanderings met sy handjie voor sy mond gelê,” sê Ruan.
Op die dag van klein Hanru se geboorte het die ouers vir die eerste keer uitgevind hulle seuntjie is met ’n gesplete lip gebore. Hanru het met geboorte net 1,6 kg geweeg en sy gewig het tot 1,4 kg gedaal. Hy is vir 35 dae in die NICU opgeneem waar hy buisvoeding ontvang het. In daardie stadium kon hy nie ’n operasie kry nie, omdat hy nog te klein was om narkose te ontvang.
Die pediaters en die spraakterapeut moes eers Hanru se ouers leer hoe om hom te laat drink. Volgens die dokters het sy suigfunksie nog nie ontwikkel het nie, omdat hy te vroeg gebore was.
Geniet dit terdeë om tee te drink
“Ons grootste vrees was dat ons nie sou weet wat om te doen as ons by die huis kom nie.”
Hanru is tans op die waglys by die Smile Foundation en die Netcare Foundation. As gevolg van die Covid-19-pandemie het die operasies tot ’n stilstand gekom. “Daar is seker so 120 pasiënte voor Hanru wat eers gehelp moet word. Dit is maar ’n kwessie van wag tot hulle mens bel om te hoor of hy goedgekeur is.”
Hanru se pa lag toe FiND iT hom vra hoe dit nou met Hanru gaan. “Hy is tans 10 maande oud en weeg ’n stewige 8 kg. Hy eet al soliede kos en geniet dit terdeë om tee te drink.”
Die ouers het ’n fondsinsameling begin om geld in te samel vir die petrol wat hulle gebruik as hy vir sy ondersoeke gaan, asook vir die herstelproses na sy operasie.
Enige donasies kan in die rekening inbetaal word:
HD van der Merwe
Capitec, spaarrekening
Rekeningnommer: 1720691930
Tak: 470010

Volg Find-it hier.



