RUSTENBURG. – ’n Bejaarde vrou is glo gister 24 September 2020 in haar huis in Rustenburg, Noord-Wes aangeval. ‘n Skootrekenaar, selfoon, huissleutels en motorsleutels is glo gesteel en die vrou is na bewering met ’n byl gekap. Sy verkeer tans in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
AfriForum Rustenburg het die voorval op hulle Facebook-groep bevestig.



