Rivier van bloed

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. –  Soos wat mens oor die klein bruggie na die Flamingo Casino ry, tref die aaklige reuk jou onmiddellik. Die klein stroompie wat onder die brug deurloop, is deurdrenk van bloed en riool.

Daar is onsekerheid oor hoe lank die probleem nou al bestaan. FiND iT het gaan ondersoek instel en self foto’s geneem.

’n Bekommerde leser het aan FiND it gesê die situasie is hoogs ongesond en kommerwekkend oor die naderende reënseisoen. “Sodra dit gaan begin reën, gaan daai massas bloed en riool in Kamfersdan inloop.”

FiND iT het met Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gesels en hulle is van mening dat die bloed van ’n nabygeleë abattoir afkomstig is. “Daar is ook ’n moontlikheid dat daar ’n probleem met die pompstasie is en dit is hoekom daar riool in die water is.”