KIMBERLEY. – Die stuk grond aan die regterkant van die pad tussen die twee flyovers op pad na die lughawe lyk soos ’n massiewe vleiland en dit beïnvloed die watertoevoer na Ronaldsvlei, Diskobolos and Alexanderfontein.
Ockie Fourie, DA-raadslid van Wyk 25, sê die probleem is al menigemale aangemeld, maar niks word daaraan gedoen nie. “Dit is ook ’n belangrike bydraende faktor tot waterverliese in die jurisdiksie van die Sol Plaatje-munisipaliteit. Dit kan nie meer geduld word nie en moet nou dringend aandag geniet en die oorsaak van die probleem geïdentifiseer word en regstellende aksies geïmplementeer word.”
FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.


