Wees ’n sonneblom in iemand se lewe

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Wees ’n sonneblom in iemand se lewe deur op 25 September 2020 by Chauneese Abbot se 21ste verjaarsdag drive-by aan te sluit tussen 17:00 en 17:30 by The Retreat Venue, Southeystraat, volg net die geel pyle.

“Ek wil ’n groter impak maak deur ’n drive-by vir my 21ste verjaardagpartytjie te hou, aangesien ek die afgelope 20 jaar geskenke ontvang het. Hierdie jaar wil ek nie geskenke hê nie, ek vra nie veel nie, maar bloot iets vir behoeftiges, of dit nou klere, toiletware of nie-bederfbare kos is.”

“Jou donasie sal baie waardeer word en sal my help om ’n verskil te maak.”

Alle skenkings word geskenk aan gebiede in Kimberley waar dit nodig is.