Sanlam al R162 miljoen uitbetaal

Deel hierdie storie / Share this story

Sanlam het van Maart tot Augustus meer as R162 miljoen se eise uitbetaal wat direk met Covid-19 te doen het.

Die meeste lewens- en begrafnispolisse is in die Oos-Kaap (26%), Gauteng (23%), Wes-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (17%) uitbetaal.

Net 1% van eise vir siekte en inkomstebeskerming het in die Noord-Kaap voorgekom.

Meer vrouens (51%) as mans het vir siekte en tydelike ongeskiktheid geëis.