Man probeer glo van brug af spring

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kaapse gemeenskap het Dinsdagmiddag saamgestaan om ’n man, wat glo gedreig het om van ’n brug op die R300 af te spring, te red.

Die verkeer het tot stilstand gekom en mense het saamgedrom onder die brug om ’n man wat homself na bewering om die lewe wou bring, te oortuig om nie te spring nie.

In die video is dit duidelik hoe iemand na die man oorleun om hom te help.

Verdere inligting oor hoekom die man van die brug wou afspring, is nog nie beskikbaar nie.