ENO se ‘bunny chow’-advertensie ‘onsensitief’

Deel hierdie storie / Share this story

Sosialemedia-gebruikers noem ENO se advertensie ’n ‘epic fail’ en voel dis ‘onsensitief en ’n onprofessionele advertensie’.

ENO SA se laaste advertensie met ’n bunny chow word nou as ’n belediging gesien in die Indiese kultuur.

Die advertensie wat op Facebook geplaas is, bevat ’n bunny chow, ’n pakkie tjips en tamatiesous met die byskrif: “Het jy ’n lekker groot middagete gehad en is jy nou spyt daaroor? Gebruik ENO om vining weer beter te voel.”

Facebook-gebruikers voel dis ’n ‘onsensitiewe en onprofessionele advertensie’. Nie omdat tjips, tamatiesous en ’n bunny chow nie saam geëet word nie, maar omdat dit as ’n belediging vir die Indiese kultuur gesien word, veral in Erfenismaand.