Onthou jy nog – Goosebumps-leesboeke?

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy dit ook as kind geniet om die reeks Goosebumps-leesboeke te lees? Almal was versot daarop en daar is self ’n paar films, wat gebaseer is op die boeke, gemaak.

Goosebumps is ’n reeks grillers vir kinders deur die Amerikaanse skrywer R. L. Stine, uitgegee deur Scholastic Publishing. Die verhale volg kinderkarakters, wat hulself in skrikwekkende situasies bevind, gewoonlik met monsters en ander bonatuurlike elemente. Van 1992 tot 1997 is twee-en-sestig boeke onder die sambreeltitel Goosebumps gepubliseer.