Kimberley. -Die Griekwaland-Wes Tafel Lager-rugbyspan het nog ‘n speler van die Southern Kings opgeraap.
Cyril John (CJ) Velleman is die jongste aanwins uit die Oos-Kaap. Hierdie belowende jong flank het in 2016 sy buiging vir die Kings in die Pro 14-liga gemaak.
Hy get egter in ‘n fratsongeluk ‘n kniebesering opgedoen, nadat hy in ‘n puik debuut deur kenners met Sam Cane en David Pocock vergelyk is.
Na ‘n goeie herstel is hy in dieselfde jaar weer platgetrek nadat hy dieselfde knie in ‘n oefening beseer het.
Velleman het die jaar voluit voorberei en was oorgehaal om homself op die speelveld te bewys.
Nadat die Kings vroeër hierdie aansoek op likwidasie gedoen het, was hierdie jong speler sonder ‘n span en het ‘n heenkome by Griekwas gesoek.
Die Poubloues het hom ‘n kontrak aangebied wat hy aanvaar het.



