KIMBERLEY. – Hierdie swart selfgeboude braaier is vandag uit ‘n erf in Cartersweg gesteel.
Die slot van die buitehekkie is afgebreek en die braaier is weggedra.
Adri du Preez, eienaar van die braaier, sê sy is bitter ontsteld omdat haar man self die braaier gebou het en dit vir hulle sentimentele waarde het.
‘n Beloning word aangebied vir die persoon wat die braaier in dieselfde toestand kan terugbesorg.
Indien jy enige inligting het, kontak vir Adri by 084 256 6719.




