POLOKWANE – Jakkie Grobler se lyk is in haar huis in die Koraal-aftree-oord in Polokwane ontdek.
Grobler se selfoon en skootrekenaar is gesteel. Die nuus het glo vinnig deur die oord versprei en inwoners is erg oor die voorval geskok.
Lt.genl. Nneke Ledwaba het die polisie ’n opdrag gegee en gesê hulle moet die moordernaar(s) binne 72 uur vastrek.
Dit is bykans twee weke nadat Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), in Polokwane vermoor is.
Volg Find-it hier.



