Vrou (21) verlaat glo kinders om te gaan drink

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA – ’n Vrou (21) word deur die polisie gesoek nadat sy glo haar drie kinders agtergelaat het om by ’n taverne te gaan drink.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, berig die vrou het haar kinders sonder enige toesig agtergelaat. Die man het glo aan die kinders, onderskeidelik 1,3 en 5 jaar oud, gesê sy gaan inkopies doen.

Die voorval het Sondag gebeur en die bure het bekommerd begin raak toe die kinders die aand nog steeds alleen in die omgewing ronddwaal. Maandag was sy steeds nie tuis nie. Die bure het haar gebel en sy het na bewering aan hulle gesê sy geniet haarself by ’n plaaslike taverne. Daarna kon die polisie haar nie weer in die hande kry nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van kinderverwaarlosing.

Volg Find-it hier.