WINKELSPRUIT – Danelle Oosthuizen (14) van Winkelspruit in Amanzimtoti se suster sê Danelle het Vrydag vir haar ouma gesê sy gaan vroeg slaap.
Saterdagoggend toe haar ouma haar wou gaan wakker maak, was sy nêrens te vind nie. Haar ouma het na haar in die woonstelblok gaan soek, maar kon haar nie opspoor nie. Niemand van haar maats het haar ook gesien nie.
Die publiek het berig hulle het haar laas saam met ’n paartjie by die Lords & Legends Sports Cafe gesien. Alhoewel sy ’n masker aangehad het, het sy glo haar hand oor haar masker gehou asof sy haar identiteit probeer wegsteek.
Mense met inligting kan Tanya Meyer by 072 709 3684, of die Amanzimtoti-polisiekantoor by 031 913 1308 kontak.
Volg Find-it hier.



