Al het verskeie mense hulle ontevredenheid oor die app uitgespreek het 500 000 mense reeds die app afgelaai.
Gaureng Tanna, die departement se hoof van beleidskoördinering en geïntegreerde beplanning, sê hulle wil hê nog 500 000 moet die app aflaai sodat hulle ’n miljoen mense kan bereik.
Marai Carpenter, hoof van digitale dienste by Discovery, sê hulle het geweet Suid-Afrikaners sal die app wantrou, maar hulle verseker geen persoonlike inligting word gestoor of versprei nie. Hulle sê dit benodig nie jou foon se ligging of kontaklys nie.
Volg Find-it hier.



