Die polisielede van Kagisho-polisiekantoor is na verdagtes in verband met twee moordvoorvalle op soek.
In die eerste voorval was die slagoffer en sy vriend na bewering Maandag 4 September 2020 01:00 op pad vanaf die Slangpark na Soul City toe ’n verdagte hom van sy selfoon beroof. Die slagoffer se vriend het weggehardloop, waarna hy deur die verdagte agtervolg is.
Die oorledene se vriend het na die slagoffer gaan gesoek. Sy lyk is in ’n straat, oorkant die straat waar hulle beroof is, gevind. Die lyk het steekwonde gehad. Die verdagte is nie bekend nie.
In die tweede voorval is ’n lyk van ’n man in ’n plas bloed in Nomzamo Mandelastraat, Phutunang gevind. Die slagoffer het steekwonde in sy nek gehad. Die verdagte is nie bekend nie.
Die polisie vra vir die gemeenskap om enige inligting te rapporteer wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei. Enigiemand met inligting kan speurdersersant Palm by die Kagisho-polisiekantoor (060 972 3262) kontak.
Volg Find-it hier.



