Hoe lyk die parke naby jou huis? Neem weer eienaarskap van daardie park en gebruik dit vir oefen en beweeg! Nooi jou vriende uit om saam met jou rond te hardloop en spiere los te strek.
Eie inisiatief vir oefentoerusting
FiNDit het die Trimpark besoek om met verskillende oefengroepe te gesels. Die groepe wissel van ’n ou en ’n meisie wat vir die eerste keer kom oefen tot ’n hele sokkerspan wat mekaar net gister ontmoet het.
Die groepe gebruik hulle eie inisiatief vir oefentoerusting. Party hang onderstebo aan pale en ander gebruik weer die pale om hurkoefeninge te doen. Baie het hier begin oefen nadat die gimnasiums tydelik gesluit was.
Griekwas-speler
Wendal Wehr (32), Griekwas-speler, het ’n oefenklas hier begin om mense van die belangrikheid van oefeninge bewus te maak. “Enigiemand kan die klas bywoon, oud en jonk, mans en vrouens. Ek deel my kennis met mense, dit is my manier om aan die gemeenskap terug te gee,” sê Wehr.



