Nuwe kindersiekte in SA hou met Covid-19 verband

Deel hierdie storie / Share this story

Inflammatoriese multistelsel-sindroom by kinders is nou een van die aanmeldbare mediese toestande in Suid-Afrika.

Hou nou met Covid-19 verband

Hierdie is ’n seldsame siekte, maar dit hou nou met Covid-19 verband, bewys verslae wêreldwyd en in Suid-Afrika. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) verwag die getalle vir die siekte gaan oor die volgende paar maande styg.

Die siekte kan ontsteking in verskillende liggaamsdele, soos die hart, longe, niere, brein en oë veroorsaak. NIOS is nog nie seker wat die oorsaak van die siekte is nie. Hulle weet wel baie kinders wat dié siekte kry, het ook die koronavirus, met of sonder simptome, gehad.

Pasiënte jonger as 19

Simptome van die inflammatoriese multistelsel-sindroom sluit onder andere koors, braking, diarree, uitslag, nekpyn, bloedbelope oë, moegheid en buikpyn in.

Pediaters en gesondheidswerkers wat met pasiënte jonger as 19 werk, moet owerhede onmiddellik in kennis stel indien hulle met so ’n geval te doen kry. ’n Groep pediaters is tans besig om data oor hierdie siekte te versamel en te ontleed.