Hotella Nutella is ’n hotel in Napa Valley in Kalifornië wat spesiaal ontwerp is vir die Nutella-liefhebbers.
In hierdie hotel word jy deur enigiets wat ’n Nutella-tema het, verras. Van Nutella-gegeurde kerse tot kaste vol Nutella. Nutella is ook op die spyskaart vir ontbyt, middagete en aandete.
Op die banke in die leefvertrek en op jou bed is Nutella-kussings. Die gastekamer is propvol geskenkies wat jy kan huis toe neem.
Die hotel nooi Nutella-aanhangers uit om ‘n video, waarin hulle hul liefde vir Nutella weergee, in te stuur.
In een van die video’s vra ‘n man sy meisie op ‘n Nutella-koek om met hom te trou.
Die swembad is nou wel nie vol Nutella nie…



