Kinders jag glo met honde in Hillcrest

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Kinders van klein tot groot jag glo al vir ’n week met hul honde in die veld in Hillcrest. Die honde word glo gebruik om ander diere en wildlewe in die veld dood te maak.

Johan Smit, van die VF Plus, sê dit is ’n groot groep kinders wat ’n paar meter uitmekaar in ’n reguit lyn loop. “Daar word deurlopend geskree, gefluit en geraas gemaak dat alle wildlewe opspring waarna die honde losgelaat word om dood te maak.”

Smit sê hy probeer die kinders elke dag verwilder, maar hul kom steeds terug.