Vrou (22) sny hand doelbewus af

Foto: Canva

’n Vrou wat doelbewus haar eie hand afgesaag het as deel van versekeringsbedrog, is skuldig bevind en twee jaar tronkstraf opgelê.

Julija Adlesic (22) het vooraf verskeie versekeringspolisse uitgeneem en sou ’n bedrag van R35 miljoen na die voorval ontvang het. Adlesic en haar kêrel het beweer sy het haar hand afgesny terwyl hulle besig was om bome te snoei. Hulle het die hand agtergelaat en na die hospitaal gegaan. Die aanklaers sê die hand was doelbewus op die toneel agtergelaat om gestremdheid te verseker.

Die polisie het uitgevind die dag voor die voorval het haar kêrel navorsing oor prosteses op die internet gedoen, dit het teen hulle in die hof getel. Die Sloweense vrou hou vol sy het haar hand in ’n fratsongeluk verloor.

Die owerhede kon egter haar hand weer aanwerk.

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *