Die aanlyn-aansoeksisteem vir skoliere vir 2020 sal van vandag af beskikbaar wees. Dié aansoeksisteem maak dit vir ouers moontlik om hulle kinders van die huis af vir die volgende akademiese jaar in te skryf.
Ouers en/of voogde kan dus van vandag af hulle kinders inskryf. Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van basiese onderwys in die Noord-Kaap, sê die departement moedig ouers aan om eerder aanlyn aansoek te doen as om die sentrums te besoek.
Die sisteem is gebruikersvriendelik en sal jou stap vri stap deur die proses neem.
Maak van hierdie skakel gebruik en doen vanaf jou slimfoon, tablet of rekenaar aansoek: http://ncdoeadmissions.org/.



