Jan Schünemann (26) van Hamburg in Duitsland is ’n sportafrigter en student en glo sy eie urine is die beste medisyne wat daar is.
Die internet is aan die gons oor dié man wat daagliks 1,5l tot 3l van sy eie urine inneem.
Schünemann reken dat om daagliks sy eie urine in te neem, siektes en depressie kan afweer. As hy dit nie drink nie, vryf hy die afvalstof aan sy vel en oë en spuit dit selfs in sy ore. Hy sê die afvalstof verskaf hom ook van die nodige energie en daarom kan hy met so min as drie ure se slaap maklik deur die dag kom.
“Ek leef ’n beter kwaliteit lewe vandat ek daarmee begin het. Urine bevat alles wat ’n mens se liggaam nodig het,” sê Schünemann. Hy het Shivambu Kalpa, ’n konsep van urineterapie, op die internet ontdek.
“Dis baie natuurlik en dis maklik vir alle mense beskikbaar.”
Schünemann sê dit maak nie saak wat ander mense daarvan dink of sê nie, omdat jy dit in elk geval vir jouself doen.
Schünemann is nie die enigste een wat aan urineterapie glo nie. Lees hier oor Harry Matadeen wat ook sy eie urine inneem.



