Die departement van gesondheid is bekommerd oor die beplande staking wat 3 000 werknemers van die begrafnisbedryf beplan.
Die beplande stakings word deur die eenwording taakspan (UTT), ’n groep van 17 begrafnisbedrywe, gelei en sal glo vanaf 14 September to 17 September plaasvind. Tydens die beplande stakings sal geen lyke van huise of hospitale verwyder word nie en geen begrafnisse sal plaasvind nie.
Begrafnisondernemers eis dat die uitkontraktering van lykshuisgeriewe erken en gewettig moet word. Munisipale bepalings moet ook gewysig word om voorsiening te maak vir grootskaalse berging.
Die departement vra die publiek om enige onwettige optredes van die bedrywe te rapporteer.
Volg Find-it hier.



