VRYSTAAT – Tien mense is deur rowers geskiet terwyl hulle by ’n taverne op Vanstadensrus gekuier het.
Brig. Leonard Hlahti, polisiewoordvoerder, berig daar word beweer daar was vroeër die Sondagaand op ‘n polisiemotor in die omgewing geskiet en die beamptes het agtergekom dat daar by ’n nabygeleë snoepwinkel ’n rooftog is.
Hlati sê die verdagte(s) het daarna na die taverne gevlug en op mense begin skiet voordat hulle van die toneel gevlug het.
Al 10 slagoffers het skietwonde opgedoen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Volg Find-it hier.



