Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 1 826 gestyg. Daar is nou ‘n totaal van 648 214 positiewe gevalle in die land.
Die land se gesondheidspanne kon tot dusver 3 902 786 toetse vir die virus doen. Daar is 576 423 persone van die virus genees en 15 427 sterftes.
Gauteng bly die provinsie met die meeste gevalle.



