Man vir poging tot ontvoering in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat Donderdagmiddag ‘n kind by die Bella Napoli-restaurant probeer gryp het, is in hegtenis geneem.

‘n Video van die voorval het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en ouers is gewaarsku om te alle tye bewus te wees van waar hulle kinders is.

Kyk die video hier.

In die video is dit duidelik hoe twee vroue en ‘n dogtertjie by ‘n tafel in die restaurant sit toe ‘n man naderstorm en die kind probeer gryp.

Dis toe dat ‘n man, wat nou as Dishal Sooku bekend is, die ander man om sy nek beetgekry het en van die dogtertjie af probeer weghou het.

Video’s van die man na hy in hegtenis geneem is, is ook op sosiale media versprei. In die video’s sê hy aanhoudend: “Dis vir die Nigeriërs. Elke naweek, elke naweek.” Later blyk dit asof hy bid.