Volgens Safegaurd Security het ’n verdagte ‘n kind by ’n restaurant in Northcliff probeer ontvoer en ’n vrou probeer verwurg.
Die vrou en kind het by die restaurant gesit terwyl die man oor die heining na die mense gespring het. Die verdagte is deur die sekuriteitsbestuurder gekeer en is onmiddellik in hegtenis geneem.
Safegaurd Security sê hulle wil die video met die plubliek deel om mense bewus te maak van kinderontvoering. Hulle het aan FiND iT gesê die naam van die restaurant en ander inligting oor die voorval moenie bekend gemaak word nie.
Volg Find-it hier.



