Ramptoestand verleng

Deel hierdie storie / Share this story

Die nasionale ramptoestand word tot 15 Oktober 2020 verleng, al het nuwe Covid-19-infeksiegevalle gedaal en die herstelkoers verhoog.

Phumla Williams, die kabinet se woordvoerder, sê hulle verwelkom die daling in die aantal positiewe Covid-19-gevalle en die herstelkoers wat tot 87% verhoog het. Williams sê die aanvraag na Covid-19-toetsing het ook gedaal, sowel as die aantal mense wat in die hospitaal opgeneem moet word.

Die moontlikheid dat vlak 1 van inperking in die komende week ingestel sal word, bly ’n moontlikheid, alhoewel niemand nog weet wat dié vlak van inperking se reëls gaan wees nie.

Volg Find-it hier.