Pampierstad-moorde: Seun verdedig homself in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die 19-jarige verdagte wat op Pampierstad in verband met sy ouers se moord in hegtenis geneem is, het gister in die landdroshof op Pampierstad verskyn.

Sy aansoek om borgtog is nie goedgekeur nie.

Tebogo Segae staan tereg op aanklag van die moord op Stanley en Elizabeth op 27 Augustus 2020.

Hy het hulle liggame glo met ‘n motorvoertuig gesleep tot waar hulle in die veld deur ‘n verbyganger gevind is. Hy is die dag van die voorval in hegtenis geneem.

Segae het homself in die hof verdedig.

Die saak is uitgestel tot 20 Oktober.