VEREENIGING – ‘n Inwoner is dood tydens ‘n stryery oor ‘n tuistel met ‘n mede-inwoner wat die vullisdromme van die buurt leegmaak.
Die verdagte staar nou ’n klag van moord in die gesig. Die slagoffer is glo deur die linkerkant van sy kakebeen geskiet en is op die toneel oorlede.
In hegtenis geneem
Die verdagte het glo ’n tuinstel vanaf ’n buurhuis verwyder toe hy deur inwoners gekonfronteer is. Dis toe dat die twee mans in ’n stryery betrokke raak. Die verdagte het die toneel verlaat, maar is later by sy huis in hegtenis geneem.
Kapt. Fikile Funda, polisiewoordvoerder in Vereeniging, het die voorval aan die media bevestig. Die verdagte sal hier in die landdroshof verskyn.
Volg Find-it hier.



