Vyf dinge wat jy op Upington kan doen

Deel hierdie storie / Share this story

Upington is ‘n klein, maar mooi dorpie geleë op die oewers van die Oranjerivier en jy sal verbaas wees oor die unieke dinge wat jy hier kan doen en plekke wat jy kan besoek.

Bezalel Wine & Brandy Estate

As jy lus is vir ‘n toer deur ‘n wynkelder, is hierdie die perfekte plek vir jou. Upington is bekend vir sy hoë kwaliteit brandewyn en wyn en so tussendeur die proe, leer jy oor die antieke kuns van wyngisting en brandewynvervaardiging.

Kalahari Oranje Museum

Dié museum is een van die oudste geboue op Upington en word as ‘n geskiedkundige juweel op die dorp beskou. Die museum huisves vandag ‘n versameling huishoudelike items wat uit ‘n historiese era dateer.

Sakkie se Arkie

Geniet ‘n vaart op die Oranjerivier in Sakkie se Arkie. Die Kalahari is bekend vir sy asemrowende sonsondergange. Die vaart duur twee ure en besoekers van alle ouderdomme is welkom. Familie-aktiwiteite soos visvang, kamp, swem en bustoere deur Upington word ook aangebied.

Kanovaart en river rafting

Ervaar die natuurskoon van Upington terwyl jy met ‘n kanoe op die Oranjerivier dryf. Swift River Adventures bied drie tot vyf ure se ‘river rafting’.

Die Augrabiese Watervalle Nasionale Park

Of meer bekend aan die Khoikhoi as Aukoerebis (plek van baie geraas). Daar is verskeie punte waarvandaan jy na die waterval kan kyk.

Bespreek nou jou vlug na Upington met Airlink hier.