Vyf dinge wat jy in Kaapstad kan doen

Deel hierdie storie / Share this story

Kaapstad is een van die mooiste hawestede ter wêreld. Kaapstad lê aan die suidpunt van Afrika en word ook die moederstad van Suid-Afrika genoem.

Tafelberg-kabelkarretjies

Om teen Tafelberg, een van die Sewe Wonders van die Natuur, op te ry met ‘n kabelkarretjie, is een van die moet-doen-aktiwiteite as jy in Kaapstad is.

Boulders Beach se pikkewyne

Boulders Beach is een van Kaapstad se gewildste strande, geleë naby Simonstad. Dit is ook die enigste plek in die wêreld wat jy naby aan Afrika-pikkewyne kan wees.

Franschhoek-wyntrem

Natuurlik moet jy een of twee of selfs drie wynplase besoek tydens hierdie tremrit. Verken die wynlandgoedere en proe wyn by verskillende wynplase met die Franschhoek-wyntrem as vervoermiddel.

Kirstenbosch-somerkonserte

Gaan geniet die pragtige natuurskoon en musiekkonserte wat gereeld op die grasperkte van die Kirstenbosch Botaniese Tuine aangebied word.

Robbeneiland

Besoek een van Kaapstad se grootste toeriste-aantreklikhede, die maksimum sekuriteitsgevangenis op Robbeneiland. Kry ‘n kykie in die lewe van beroemde voormalige gevangenes soos Nelson Mandela.

Bespreek jou vlugte na Kaapstad nou! Besoek www.flyairlink.co.za.