Bridget Marshall, wat haar hart op Marc Buckner van The Bachelor SA verloor het, het weer opnuut liefde gevind.
Sy het haar sportiewe kêrel, Kobus de Kock, wat in die Paarl skoolgegaan het, op sosiale media voorgestel.
Sy droom as professionele golfer
Hulle het mekaar al sewe jaar gelede ontmoet, maar dit was nie die regte tyd vir hulle liefdesreis om te begin nie. Die twee het mekaar onlangs weer gevind en die liefde het begin blom.
De Kock het voorheen vir die Goue Leeus en Haaie rugby gespeel, maar het dit gelos om sy droom as professionele golfer te volg.
Bridget het haar eie reisagentskap begin en kan gereeld vir De Kock gaan kuier wat in Bloemfontein bly.
Volg FInd-it hier.



