KIMBERLEY – Dit was gister presies ‘n week voor die matrikulante van 2020 met hulle rekordeksamen begin.
Dié leerlinge aan Hoërskool Adamantia in Kimberley het die Jerusalema-uitdaging aangepak om ‘n bietjie litte los te maak voordat die groot leer begin.
“Dankie aan elke matriekleerling en personeellid wat saam gedans het. Matrieks van 2020, julle sal onthou word,” lui die inskrywing op Hoërskool Adamantia se Facebook-blad.



