’n Vrou is deur die polisie verwyder nadat sy na bewering ’n vuurwapen op EFF-lede in ’n Port Elizabethse winkelsentrum gerig het.
Die voorval het tydens die protesaksie teen die Clicks-groep plaasgevind. Dit is nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie.
In die video kan gesien word hoe die mall se sekuriteitswagte die vrou uit die sentrum vergesel terwyl die EFF-lede saamdrom. “Take your gun out,” was aanhoudend deur die lede geskree. Sy haal toe haar vuurwapen uit en rig dit op die lede waarna sy dit weer bêre.
Die vrou en lede van die EFF is geboei en deur die polisie na die polisiestasie geneem. Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê by die stasie wou nie een van die partye ’n klag lê nie en hulle is weer laat gaan.
Volg FInd-it hier.



