’n Video wat ’n man, Ronnie McNutt (33), op 31 Augustus 2020 regstreeks op Facebook uitgesaai het, wys waar hy sy eie lewe neem. Die man skiet homself met ’n haelgeweer. TiKTok probeer sedert Sondag om rekeninge te verban wat die grafiese video heroplaai.
Die video begin met ’n beeld van ’n grysbaardman wat voor sy lessenaar sit. Die skynbaar onskadelike aard van die begin van die video en die voorkoms daarvan in TikTok se For You-feed, wat outomaties inhoud op die basis van ’n persoon se belangstellings laat opduik, het daartoe gelei dat mense hulself per ongeluk aan die video blootgestel het. TikTok het probeer keer dat die video nie versprei word nie, deur die rekeninge van mense wat dit herhaaldelik probeer oplaai, te verbied.
TikTok-verbruikers is erg ontsteld en getraumatiseer deur die video. Een verbruiker sê: “Dit is grusaam en sal jou getraumatiseerd laat.”
TikTok het geen ouderdomsbeperking nie en talle kinders is aan die video blootgestel. Ouers en ander verbruikers wil nou die toep van hul fone verwyder.
’n Ander verbruiker het op TikTok gesê die video maak hom siek. “Ek kan nie die video uit my kop uitkry nie. Dit bly oor en oor in my gedagtes afspeel.”
Ander TikTokkers het ook hul mening gelug sê hulle kan nie ophou huil nie.
“Ek het reeds TikTok delete.”
McNutt was ‘n veteraan in die oorlog in Irak wat vir Toyota in Blue Spring, New Albany, gewerk het.

Indien jy enige selfdoodgedagtes het, skakel asseblief onmiddelik die 24 uur-hulplyn by 0800 456 567.



