Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].
Anonieme lesersvraag:
Ek was betrokke in ’n vyf jaar verhouding met iemand baie jonger as ek. Persoon het laasweek laat weet hy sien nie meer kans vir die verhouding nie en voel nie meer dieselfde nie. Dis ’n bitter pil om te sluk. Wat is die kanse dat hy spyt sal wees oor sy keuse en terug wil keer? Is dit die beste, aangesien ons in verskillende fases van ons lewe is?
Antwoord:
Het jy al die spreekwoord gehoor, as jy lief is vir iets, laat dit gaan en as dit terugkom, is dit werklik joune? Die waarheid is dat jy nie iemand kan forseer om by jou te wil wees nie. Die beste is om te laat gaan. Die vraag is net, sou hy na ’n ruk besluit om terug te kom, sal jy hom werklik wil terugneem? Wil jy iemand terugvat wat voel hy kan sonder jou wees? Net jy kan daardie vraag vir jouself beantwoord.



